Laerskool hokkiemeisies kry ondervinding
Laerskool Piet Hugo Primary het onlangs by Hoërskool Pietersburg (PHS) aan die laerskole hokkieliga waarin 11 skole meeding, deelgeneem. Volgens die laerskole hokkieliga-organiseerder, Adri Lambrechts, sluit die streek Musina, Louis Trichardt en al Polokwane se laerskole in. Daar is altesaam 174 wedstryde wat plaasvind en van die wedstryde word weer Saterdag by PHS en Curro …

Laerskool Piet Hugo Primary het onlangs by Hoërskool Pietersburg (PHS) aan die laerskole hokkieliga waarin 11 skole meeding, deelgeneem.
Volgens die laerskole hokkieliga-organiseerder, Adri Lambrechts, sluit die streek Musina, Louis Trichardt en al Polokwane se laerskole in. Daar is altesaam 174 wedstryde wat plaasvind en van die wedstryde word weer Saterdag by PHS en Curro Heuwelkruin gespeel sowel as op 25 Augustus en 1 September. Die finaal vind op 22 September by PHS plaas.
Laerskool Piet Hugo Primary hokkie-organiseerder, Liza Semet het gesê dat die spelers hulle harte uitgespeel het en goeie ondervinding opgedoen het.
Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za




