NewsSchools

Osies se Super 12-hokkiespanne skitter voort en is algehele naaswenners

Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se Super 12-hokkiespanne het algeheel tweede uit 24 skole geëindig tydens die Super 12 Laerskole Hokkietoernooi waarvan die finale by die Universiteit van Pretoria (Tuks) gespeel is. Die eersteseunshokkiespan het in die finaal teen Rustenburg gespeel en tweede geëindig terwyl die eerstemeisieshokkiespan ‘n vyfde plek verower het. Die tweedeseuns- en meisieshokkiespan is …

Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se Super 12-hokkiespanne het algeheel tweede uit 24 skole geëindig tydens die Super 12 Laerskole Hokkietoernooi waarvan die finale by die Universiteit van Pretoria (Tuks) gespeel is.
Die eersteseunshokkiespan het in die finaal teen Rustenburg gespeel en tweede geëindig terwyl die eerstemeisieshokkiespan ‘n vyfde plek verower het.
Die tweedeseuns- en meisieshokkiespan is as uitnodigingspanne genooi om ook deel te neem. Die tweedemeisieshokkiespan het vierde geëindig terwyl die tweedeseunshokkiespan ‘n sesde plek behaal het.
“Ons hokkiespelers het menigte eerste­spanne gewys dat Oosskool nie onderskat moet word nie,” het onderhoof James Steele trots gesê. Steele het ook die hokkiespanne se borge hartlik bedank.

Storie: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Oosskool se eerstemeisieshokkiespan het ‘n vyfde plek verower.
Oosskool se tweedemeisieshokkiespan het tussen al die eerstespanne ‘n skitterende vierde plek verower.
Oosskool se tweedeseunshokkiespan het sesde geëindig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button