NewsSchools

Leerders vier saam Peet Bredenkamp se geboortedag

Pietersburg Laerskool het Vrydag saam met die hoof, Peet Bredenkamp wat Sondag 62 jaar oud geword het, sy verjaardag gevier. Bredenkamp is deur die skoolkoor in die saal verwelkom waarna die hoofleiers hom gelukgewens het. Hoofseun, Dewan Gobey het in sy toespraak Bredenkamp se liefde, deernis, opofferings en onbaatsugtige wyse waarop hy die skool bestuur, …

Pietersburg Laerskool het Vrydag saam met die hoof, Peet Bredenkamp wat Sondag 62 jaar oud geword het, sy verjaardag gevier.
Bredenkamp is deur die skoolkoor in die saal verwelkom waarna die hoofleiers hom gelukgewens het. Hoofseun, Dewan Gobey het in sy toespraak Bredenkamp se liefde, deernis, opofferings en onbaatsugtige wyse waarop hy die skool bestuur, as van sy beste eienskappe uitgesonder.
Bredenkamp het leerkragte aangemoedig om aan te hou doen waarvoor hulle geroep is. “Ek is geseënd met soveel wonderlike mense om my.”
Drie leerders, Lucia Jacobs, Zane Morgenrood en Schalk van der Merwe verjaar dieselfde dag as Bredenkamp.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button