NewsSchools
Osieteddies leer meer oor dieregedrag tydens besoek aan reptielpark
Groot opgewondenheid het verlede Woensdag onder kleuters van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum tydens ‘n besoek aan ‘n plaaslike reptielpark geheers. Die kleuters het verlede week van voëls geleer nadat hulle die voorafgaande tyd meer oor troetel-, wilde- en plaasdiere geleer het. ‘n Besoek aan die park het die ideale geleentheid gebied om die dieretema sinvol af te …

Groot opgewondenheid het verlede Woensdag onder kleuters van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum tydens ‘n besoek aan ‘n plaaslike reptielpark geheers.
Die kleuters het verlede week van voëls geleer nadat hulle die voorafgaande tyd meer oor troetel-, wilde- en plaasdiere geleer het.
‘n Besoek aan die park het die ideale geleentheid gebied om die dieretema sinvol af te sluit, ‘n groot verskeidenheid diere te besigtig en vrae te vra.
Daarna het hulle lekker piekniek tussen die diere gehou.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



