Pieties se o.15-netbalspan voer die botoon
Netbalspelers se fiksheid is tot die uiterste getoets tydens die Limpopo Fast 5-netbalkampioenskappe wat Saterdag by Hoërskool Pietersburg (PHS) aangebied is. Slegs o.15- en o.17-spanne het deelgeneem en PHS se o.15-span het koning gekraai. Hoërskool Ben Vorster en Hoërskool Merensky het die tweede en derde plek op die podium ingeneem. In die o.17-afdeling het Vossies …

Netbalspelers se fiksheid is tot die uiterste getoets tydens die Limpopo Fast 5-netbalkampioenskappe wat Saterdag by Hoërskool Pietersburg (PHS) aangebied is.
Slegs o.15- en o.17-spanne het deelgeneem en PHS se o.15-span het koning gekraai. Hoërskool Ben Vorster en Hoërskool Merensky het die tweede en derde plek op die podium ingeneem.
In die o.17-afdeling het Vossies met die louere weggestap gevolg deur Merensky tweede en Pieties derde.
PHS-skakelbeampte, Elmari Craig, sê Fast 5-netbal raak baie gewild onder spelers. “Vyf spelers per span speel vier kwarte van 6 minute elk met ‘n minuut rustyd. ‘n Ekstra sirkel word by die doelpaal getrek en doele binne dié sirkel tel een punt, buite die sirkel twee punte en buite die oorspronklike doelsirkel drie punte.”
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com








