Gestremde leerders baat by finaliste se ondernemingsgees
Die hoof van New Horizon School for the Intellectually Impaired was Maandag ingenome met Mnr en Mej Heuwelkruin-finaliste wat ‘n muur by die skool in ‘n tennismuur omskep het en ‘n sementblad laat gooi het om leerders in staat te stel om te oefen. As deel van Mnr en Mej Heuwelkruin moet finaliste na instansies …

Die hoof van New Horizon School for the Intellectually Impaired was Maandag ingenome met Mnr en Mej Heuwelkruin-finaliste wat ‘n muur by die skool in ‘n tennismuur omskep
het en ‘n sementblad laat gooi het om leerders in staat te stel om te oefen.
As deel van Mnr en Mej Heuwelkruin moet finaliste na instansies in die gemeenskap uitreik om ‘n positiewe verskil te bewerkstellig. “Ons het opnuut besef hoe bevoorreg en dankbaar ons kan wees vir dit wat ons het. Alhoewel dit vir ons slegs ‘n muur en blad is, beteken dit vir leerders van die skool ‘n nuwe begin waar hulle grootmotoriese oefeninge kan doen. Ons is opgewonde oor die verskil wat ons kon maak,” sê finalis, Lara Prenzler.
Skoolhoof, Robbinson Phooko, het sy dank teenoor die finaliste en die borg, PPC Cement uitgespreek. “Dit is goed om te sien dat leerders van ander skole omgee. Dit is nie die eerste keer wat Kruinies by ons skool betrokke is nie en hul betrokkenheid by ons leerders word opreg waardeer.”
Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



