Jong sprekers van verskeie skole praat ‘n hond uit ‘n bos oppie tong af
Graad 1 tot 12-leerders van verskeie skole in die stad en omliggende dorpe het verlede Donderdag en Vrydag aan die Oppie Tong Af 2018 openbare optredekompetisie by Pietersburg Laerskool (PLS) deelgeneem. Jabez Christian Academy was die enigste Engelsmediumskool wat in die English Individual Prepared-kategorie deelgeneem het. Leerders van PLS het in die Afrikaans individueel voorbereide-kategorie …

Graad 1 tot 12-leerders van verskeie skole in die stad en omliggende dorpe het verlede Donderdag en Vrydag aan die Oppie Tong Af 2018 openbare optredekompetisie by Pietersburg Laerskool (PLS) deelgeneem.
Jabez Christian Academy was die enigste Engelsmediumskool wat in die English Individual Prepared-kategorie deelgeneem het.
Leerders van PLS het in die Afrikaans individueel voorbereide-kategorie en in spanverband (voorbereid) deelgeneem.
Karlize Bacher van PLS het as voorsitter toegesien dat die kompetisiereëls stiptelik nagekom word.
Ná die kompetisie het aanbieder Vorster Venter ‘n paar wenke aan die aspirantsprekers gegee: “Elke argument moet ‘n bron hê wat gesag verleen, iemand wat meer van die onderwerp weet as jyself. Byvoeging van eie ervaring maak jou geloofwaardig. Wees seker van jou saak en jy sal jou gehoor oortuig,” sê hy en voeg by dat daar ‘n verskil is om mét mense te praat en vóór mense te praat. Vir die Engelssprekende leerders was sy boodskap: “Self confidence is important. Connect with your audience and remember that own experiences provide credence.”
Uitslae sal later op www.oppietongaf-redenaars.co.za geplaas word.
Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com







