NewsSchools

Osies tree breëbors as provinsiale jukskeikampioene uit

Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se jukskeispanne het onlangs as wenners uit die stryd getree na die Provinsiale Jukskei Skoleliga in Polokwane gespeel is. Twee spelers, Ansonel Venter en Druan Venter, is ook onlangs deur Jukskei Suid-Afrika gekies om ‘n toer as o.13-uitblinkers mee te maak. Hulle het na Zeerust getoer waar hulle teen Namibië- en Botswanaspanne …

Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se jukskeispanne het onlangs as wenners uit die stryd getree na die Provinsiale Jukskei Skoleliga in Polokwane gespeel is.
Twee spelers, Ansonel Venter en Druan Venter, is ook onlangs deur Jukskei Suid-Afrika gekies om ‘n toer as o.13-uitblinkers mee te maak.
Hulle het na Zeerust getoer waar hulle teen Namibië- en Botswanaspanne te staan gekom het en kon daarin slaag om die toetsreeks te wen.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Druan Venter, kaptein van die o.13A-seunspan, en Ansonel Venter, kaptein van die o.13A-meisiespan, spog met die trofee wat die twee spanne as die A-afdelingwenners ontvang het. Druan en Ansonel is ook onlangs gekies om vir Suid-Afrika deel te neem.
Die o.13A-spanlede is Milla Pretorius, Jamie-Lee Collins, Soné Kriel, Shané Jooste en Ansonel Venter.
Ethan Venter, Jayden Venter en Tiaan Haasbroek en Danilo van Niekerk en Druan Venter (agter) is o.13B-spelers.
Oosskool het as Limpopowenners uitgetree. By die trofee is die kapteine van elke span. Voor is Druan Venter, Johann Scholtz en Petrus Swanepoel en agter is Jaco Botha, Ansonel Venter, Surika Collins en Tharia Collins.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button