NewsSchools

Protea-netbalspeler, Lenize Potgieter brei Pietie-doele

Doelskieters van alle ouderdomme het Maandag en Dinsdag ‘n netbalkursus onder leiding van Protea-netbalspeler, Lenize Potgieter by Hoërskool Pietersburg (PHS) bygewoon. Dié Springbok-hoofdoel het die spelers oor die fynere tegnieke van ‘n perfekte doel touwys gemaak wat onder meer die regte manier van staan en mik, terwyl die arms en gewrigte reg ingespan word, te …

Doelskieters van alle ouderdomme het Maandag en Dinsdag ‘n netbalkursus onder leiding van Protea-netbalspeler, Lenize Potgieter by Hoërskool Pietersburg (PHS) bygewoon.
Dié Springbok-hoofdoel het die spelers oor die fynere tegnieke van ‘n perfekte doel touwys gemaak wat onder meer die regte manier van staan en mik, terwyl die arms en gewrigte reg ingespan word, te gebruik om ‘n suksesvolle poging na die ring te verseker.
PHS-skakelbeampte, Elmari Craig, sê die skool het Potgieter se hulp ter voorbereiding vir volgende jaar se netbalseisoen ingeroep. “Die korrekte tegnieke kan nou aangeleer en vroeg genoeg ingeoefen word met die oog op volgende jaar.”
Graad 7-doele wat volgende jaar by PHS aansluit het ook die kursus bygewoon.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button