Tweede Astronomiese hokkiefees begin by PHS
Verskeie spanne het Maandag by Hoërskool Pietersburg (PHS) se astrohokkiebaan byeengekom vir die begin van vanjaar se Astronomiese fees. Adjunkhoof, Ina van der Merwe, het dié fees verlede jaar ingestel om hokkiespelers na die pasafgelope seisoen meer wedstrydspeeltyd te bied. “Dit is ook die ideale geleentheid vir ouer spelers om die jonges touwys te maak …

Verskeie spanne het Maandag by Hoërskool Pietersburg (PHS) se astrohokkiebaan byeengekom vir die begin van vanjaar se Astronomiese fees.
Adjunkhoof, Ina van der Merwe, het dié fees verlede jaar ingestel om hokkiespelers na die pasafgelope seisoen meer wedstrydspeeltyd te bied. “Dit is ook die ideale geleentheid vir ouer spelers om die jonges touwys te maak en oefentegnieke aan te leer.”
Elke span bestaan uit ewe veel spelers van elke ouderdomsgroep – van o.14 tot op eerstespanvlak. Die vier spanne wat elk ‘n kleur verteenwoordig (groen-, rooi-, blou- en wit) en speel vir die volgende vier weke dubbel rondes teen mekaar om uiteindelik ‘n wenner te bepaal.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com





