Curro leiers gereed vir uitdaging
Die nuwe leiers vir 2019 van Curro Heuwelkruin het onlangs hul balkies ontvang en dadelik hul verpligtinge by die uittredende leiers van die hoër- en laerskool oorgeneem. Daniël Erasmus en Thalia Pereira is die nuwe skoolkapteine van die hoërskool, terwyl Leard Prenzler en Ashden Venter die viseskoolkapteine is. Anje Dorfling en Roelof Neuhoff is die …

Die nuwe leiers vir 2019 van Curro Heuwelkruin het onlangs hul balkies ontvang en dadelik hul verpligtinge by die uittredende leiers van die hoër- en laerskool oorgeneem.
Daniël Erasmus en Thalia Pereira is die nuwe skoolkapteine van die hoërskool, terwyl Leard Prenzler en Ashden Venter die viseskoolkapteine is. Anje Dorfling en Roelof Neuhoff is die adjunk-skoolkapteine.
Die laerskool se hoofseun en hoofdogter is Zia Moti en Rebotile Letshedi, met Bernard Cigana en Barati Motsepe as onderhoofseun en onderhoofmeisie.
Daniël sê hul leiers se verantwoordelikheid is onder meer om medeleerders se skoolervaring aangenaam te maak en as ‘n skakel tussen die beheerliggaam, leerkragte en leerders te dien. “As leiers moet ons sorg dat die tradisies in die skool in stand gehou word en dat daar ‘n gesonde gees heers,” meen Thalia.
Rebotile wil respek vir leerkragte bevorder en personeel en leerders saamsnoer. “Ons moet soos ‘n groot familie wees,” sê sy. Zia wil die skool na nóg groter hoogtepunte lei en leerders gelukkig en trots op hul skool maak.
Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com




