Beide die individuele en spanredenaars van Hoërskool Pietersburg wat aan die Radikale Redenaars deelgeneem het, is deur na die nasionale ronde van dié kompetisie.
Cara Coetzee, Jurinda van Schalkwyk, Gerhard Maree Meran Berhane en Carika Nel gaan PHS in die individuele nasionale radikale redenaars kompetisie verteenwoordig.
POLOKWANE – Die leerders gaan die skool en provinsie verteenwoordig by Hoërskool Garsfontein op 13 Oktober waar hulle hul staal in taal gaan wys teen van die beste redenaars in die land.
Zandri Swartz, Cara Coetzee, Zydra Hattingh en Alida du Preez voor met Cameron Dunkley, Cari Schulenburg, Michlan Groenewald en Megan Veldman in die middel en Mia van Straaten, Tanya Kruger, Kara Borman en Jurinda van Schalkwyk agter gaan PHS en Limpopo in die span Radikale Redenaars kompetisie verteenwoordig.