NewsSchools
Kleuterkarnaval ‘n ware feesgeleentheid by kleuterskool
Suikerbekkie Kleuterskool se konsert was ‘n fees van veelkleurige kostuums, opgewekte musiek en ‘n ongewone versameling diere. Die kleuters is in ongewone diere soos labrakadabradors, eenhorings, pappegaaie, leeus en olifante opgedeel. Sherize Vercueil, onderwysstudent by die skool, het die hele konsep met bypassende musiek, choreografie en selfs die rekwisiete behartig en al die onderwysers het …

Suikerbekkie Kleuterskool se konsert was ‘n fees van veelkleurige kostuums, opgewekte musiek en ‘n ongewone versameling diere.
Die kleuters is in ongewone diere soos labrakadabradors, eenhorings, pappegaaie, leeus en olifante opgedeel.
Sherize Vercueil, onderwysstudent by die skool, het die hele konsep met bypassende musiek, choreografie en selfs die rekwisiete behartig en al die onderwysers het gehelp.
Rolien Nortje, skoolhoof, is baie beïndruk met die kleuters en personeel se ywer en entoesiasme.
Storie en foto’s: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com









At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



