NewsSchools

Musiekfees 2018 ‘n kleurvolle extravaganza

‘n Volgepakte saal was verlede Donderdagaand tydens Erica Pre-primêre Skool se Musiekfees 2018 ‘n bewys dat ouerbetrokkenheid by dié skool sterk staan. Die konsert het met die Eendjieklas se items, Seerower, Paddakonsert en ‘Try everything’ afgeskop, terwyl die Olifantklas se weergawes van ‘Blue suede shoes’, ‘Shake, rattle and roll’ en Januarie, Februarie, Maart een van …

‘n Volgepakte saal was verlede Donderdagaand tydens Erica Pre-primêre Skool se Musiekfees 2018 ‘n bewys dat ouerbetrokkenheid by dié skool sterk staan. Die konsert het met die Eendjieklas se items, Seerower, Paddakonsert en ‘Try everything’ afgeskop, terwyl die Olifantklas se weergawes van ‘Blue suede shoes’, ‘Shake, rattle and roll’ en Januarie, Februarie, Maart een van die laaste items was. Die Hasies, Sebras, Bere en Kameelperde het hul deel gedoen en die Skilpaaie, Renosters en Leeus se veelkleurige uitrustings het aandag getrek. Skoolhoof, Monja Groene­wald, sê die kleuters het toegewyd aan die musiekfees geoefen.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Lighardt Koekemoer, Amore Lategan, Paballo Mojela en Xaydyn Grobler.
Ashley Sibley, Ayana Gangat, Clarissa Meyer, Wietske Deetlefs en Lené Kühn is deel van die Kameelklas.
Zack Koekemoer, Jandré Burger, Truhandie Bekker, Kgali Mantlhakga en Jayden Gouws van die graad R-klas se items dateer uit die vyftigs.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button