Tommie-matrieks groet in Cinderella-styl
Opgetof en uitgevat in deftige aandrokke en -pakke het Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se matrieks verlede Donderdagaand hulle skoolloopbaan met ‘n Cinderella-tema afgesluit. Oudergewoonte is die matriekafskeid op die skoolterrein deur blink luukse-, sport- of veteraanmotors gekenmerk, en natuurlik die prinse en prinsesses se modes wat koppe laat draai het. ‘n Seun het vanjaar …

Opgetof en uitgevat in deftige aandrokke en -pakke het Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se matrieks verlede Donderdagaand hulle skoolloopbaan met ‘n Cinderella-tema afgesluit.
Oudergewoonte is die matriekafskeid op die skoolterrein deur blink luukse-, sport- of veteraanmotors gekenmerk, en natuurlik die prinse en prinsesses se modes wat koppe laat draai het.
‘n Seun het vanjaar gemeen ‘n kruiwa is goed genoeg om sy metgesel na die geleentheid te vervoer terwyl ‘n ander in ‘n konvooi van sportmotors wat met ‘n ambulans begelei is gearriveer het.
‘n Rooi tapyt, stringe ligte en ‘n nabootsing van ‘n koets geskik vir ‘n feëprinses het met die aankoms die tema deurgevoer.
Nadat die program in die skoolsaal – getooi in gepaste blou-en wit dekor – ‘n aanvang geneem het, is daar tot dagbreek gedans.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com





















Jessica Von Well.


Jo-Ann Geyser.



























