NewsSchools

Iets van alles en meer by Suidskool-entrepreneursdag

Die graad 4- en 5-leerders van Pietersburg Laerskool het onlangs die derde kwartaal met ‘n entrepreneursdag afgesluit. Nie net was dit elke soettand se droom nie, maar sommige stalletjie-eienaars se kreatiwiteit het vir opwindende speletjies met groot pryse gesorg. Tafels het onder die lekkergoed, springmielies, koeldrank, kolwyntjies en selfs biltong gekreun. Leerders kon by sommige …

Die graad 4- en 5-leerders van Pietersburg Laerskool het onlangs die derde kwartaal met ‘n entrepreneursdag afgesluit.
Nie net was dit elke soettand se droom nie, maar sommige stalletjie-eienaars se kreatiwiteit het vir opwindende speletjies met groot pryse gesorg.
Tafels het onder die lekkergoed, springmielies, koeldrank, kolwyntjies en selfs biltong gekreun. Leerders kon by sommige stalletjies ballonne met veerpyltjies of luggewere skiet om ‘n prys te wen terwyl hulle by ‘n ander stalletjie die hoeveelheid malvalekkers en albasters in afsonderlike bottels moes raai om ‘n prys los te slaan.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Kerry-Lee Janse van Rensburg en Monya de Bruin, wys die nuwe gier onder jonges – ‘n ballon met ‘n doek en koeldrank met ‘n fopspeen.
Twee besigheidsmanne, JJ Weideman en Hanlo Swart.
Kobus de Beer bied leerders ‘n geleentheid om dié bottels te wen as hulle raaiskoot in die kol is.
Megan Kriel verkoop lekkergoed en kolwyntjies in die vorm van die gewilde sprokiesprentkarakters, Minions.
‘n Lugfoto van die miernes tydens Suidskool se entrepreneursdag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button