Tommie-sportsterre tydens prysuitdeling vereer
Uitblinkers op sportgebied is onlangs tydens Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se sportprysuitdeling vir hul besonderse prestasies gedurende die jaar met sertifikate en trofeë beloon. Steratleet, Zandré Cloete, het ‘n verskeidenheid toekennings ontvang en erekleure vir atletiek behaal. Hy is ook as beste senior seunsatleet aangewys en ontvang sertifikate vir sy goeie tyd in die …

Uitblinkers op sportgebied is onlangs tydens Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se sportprysuitdeling vir hul besonderse prestasies gedurende die jaar met sertifikate en trofeë beloon.
Steratleet, Zandré Cloete, het ‘n verskeidenheid toekennings ontvang en erekleure vir atletiek behaal. Hy is ook as beste senior seunsatleet aangewys en ontvang sertifikate vir sy goeie tyd in die 100 m (10,64 sekondes) en 200 m
(22,10 sekondes).
Eduaniq Harmse verwerf ook erekleure vir atletiek sowel as ‘n prestigetoekenning as senior Sportseun van die Jaar.
Zelrie du Bruyn word as beste senior meisie-atleet aangewys, ontvang erekleure vir netbal en die prestigetoekenning as senior Sportmeisie van die Jaar.
Sunet Viljoen en Mukhethwa Tsihfura word onderskeidelik as beste junior meisie- en seunatleet aangewys.
Moloko Mokgawa is die junior Sportmeisie en Netbalspeler van die Jaar terwyl Dipela Tshipiso as junior Sportseun van die Jaar.
Ander toekennings:
Rugby
•Kevin Gelebe, erekleure.
•Wiehan Joubert, beste vordering/ontwikkelende speler.
•Alex Hamman, Eerstespanrugbyspeler van die Jaar.
Netbal
•Christine Retief, Takalani Rakhumba, Tshepiso Mashaba en Orifha Mbedzi, erekleure.
•Tshepiso Mashaba, senior Netbalspeler van die Jaar.
Sokker
•Mashito Mokwena, beste ontwikkelende speler.
•Mamatiane Mamabolo, beste junior speler.
•Joshua Pitonsi, meeste doele aangeteken, beste senior speler.
•Reararbetswe Mofe, beste spanbestuurder.
Krieket
•André Thirion, beste senior krieketspeler.
•Mauritz Claassen, beste junior krieketspeler.
Jukskei
•Willem Cornelius, Johannes van Niekerk, Brandon Kruger en Andries Wolmarans, erekleure.
•Johannes van Niekerk, toegewydste speler.
•Brendon Kruger, beste seunsjukskeispeler.
Ringbal
•Christene Retief, Ané van Dyk en Cherise Swartz ontvang erekleure.
Boogskiet
•Henko Spies, Boogskut van die Jaar.
Fietsry
•AJ Burger, toegewydste fietsryer.
Sportsoorte buite skoolverband
(sertifikate vir prestasies)
Jamie Norval, skerm, JC en Pieter Logtenberg en Liam Botha, gimnastiek, Leandri Peyper, skopboks en Bernadette du Bruyn, perdry.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

seunsatleet, ontvang erekleure en toekennings.













