Vakansiekamp vir kinders met vierpotiges ‘n reuse sukses
Kinders en hul honde het die Von Zwei K9 Kids Paw Camp terdeë geniet. Die kamp vir laerskoolkinders het die vakansie van Maandag tot Vrydag plaasgevind en is Saterdag op ‘n hoogtepunt met die sertifikaatoorhandiging afgesluit wat die ouers ook bygewoon het. Lizelle de Bruin, eienaar van Von Zwei Dog Lodge en kursusaanbieder, sê kinders …

Kinders en hul honde het die Von Zwei K9 Kids Paw Camp terdeë geniet.
Die kamp vir laerskoolkinders het die vakansie van Maandag tot Vrydag plaasgevind en is Saterdag op ‘n hoogtepunt met die sertifikaatoorhandiging afgesluit wat die ouers ook bygewoon het.
Lizelle de Bruin, eienaar van Von Zwei Dog Lodge en kursusaanbieder, sê kinders is toegerus om hul honde beter te verstaan en te versorg en selfs meer te geniet.
Elke dag se program is ook met ‘n hondetema-artikel wat hul self gemaak het afgesluit.
“Die hoofdoel van die kamp was dat ‘n behendigheidskursus oor vyf dae tussen die eienaars en hul beste vriende aangebied is. Goeie hondehanteringsvaardighede, hondeveiligheid en maniere om goeie wedersydse verhoudings te bou is veral uitgelig,” sê De Bruin.
Na afloop van die kursus is daar eksamen geskryf oor die week se werk en die uitslag van dié resultate is aan die die sertifikate geheg.
Kinders het ook meer oor ander honderasse en die korrekte manier om vreemde honde te groet en te benader, geleer.
Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com




