NewsSchools

Kruinies-onnie is internasionale Robotika-beoordelaar

Sy passie vir tegnologie en probleemoplossing maak van Robert Marriott nie net ‘n gesaghebbende Robotika-leerkrag by Curro Heuwelkruin nie, maar het beoordelaars tydens ‘n onlangse nasionale kompetisie in dié vak so beïndruk dat hy gekies is om as beoordelaar by die International World Robot Olympiad van 15 tot 22 November in Thailand op te tree. …

Sy passie vir tegnologie en probleemoplossing maak van Robert Marriott nie net ‘n gesaghebbende Robotika-leerkrag by Curro Heuwelkruin nie, maar het beoordelaars tydens ‘n onlangse nasionale kompetisie in dié vak so beïndruk dat hy gekies is om as beoordelaar by die International World Robot Olympiad van 15 tot 22 November in Thailand op te tree.
“Dit is ‘n groot voorreg en ek wil soveel moontlik inligting inwin en ondervinding opdoen sodat ek dit by die skool kan toepas. Dit gaan ‘n groot uitdaging, maar perfekte leerskool wees,” sê Marriott wat die regular (beginners)-kategorie sal beoordeel.
Hy het van jongs af ‘n liefde vir tegnologie, maar het as kind nie die geleentheid gehad om met iets soortgelyk aan robotika kennis te maak nie. “Sedert ek vier gelede tegnologie begin aanbied het, was elke dag nog net ‘n plesier. Sommige leerders leer my goed wat ek nie eens verstaan of geweet het nie. Die grootste uitdaging en interessantste is om leerders aan tegnologie van die 21ste eeu bekend te stel en hul talent en vernuf daarom te ontwikkel. Dit gaan nie net oor die bou van ‘n robot nie, maar oor probleemoplossing en spanwerk,” sê Marriott.
Sy sukses met graad 4 tot 7-leerders was tydens vanjaar se nasionale kompetisie duidelik toe een van sy spanne wat in die hoërskool-afdeling deelgeneem het, ‘n algehele vyfde plek verower het. Tydens die streekkompetisie het hy vyf spanne van graad 4 tot 6 in die beginners-kategorie ingeskryf en goed presteer.
Robotika is ‘n Lego-produk. “Leerders moet ‘n robot volgens sekere standaarde bou en dit self programmeer om verskeie funksies uit te voer. Dié gemotoriseerde robotte kan onder meer klank identifiseer, kleure onderskei en afstande bereken.”
Robotika is ‘n interdissiplinêre tak van ingenieurswese en wetenskap wat meganiese-, elektroniese-, inligtingsingenieurswese en rekenaarwetenskap insluit en behels die ontwerp, konstruksie, werking en gebruik van robotte en rekenaarsisteme vir beheer, sensoriese terugvoering en inligtingsverwerking.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button