NewsSchools
Osies oorrompel opponente tydens Capricorn Laerskole Sweminterlaer
Skole in die Capricorn-distrik het op al hul silinders gevuur, maar Laerskool Pietersburg-Oos se swemmers was te sterk en is verlede Woensdag as algehele wenners van die Capricorn Laerskool Sweminterlaer gekroon. Oosskool het by die munisipale swembad teen Pepps Polokwane Preparatory School and College, Curro Heuwelkruin en Mitchell House kragte gemeet. Osies het nie net …

Skole in die Capricorn-distrik het op al hul silinders gevuur, maar Laerskool Pietersburg-Oos se swemmers was te sterk en is verlede Woensdag as algehele wenners van die Capricorn Laerskool Sweminterlaer gekroon.
Oosskool het by die munisipale swembad teen Pepps Polokwane Preparatory School and College, Curro Heuwelkruin en Mitchell House kragte gemeet. Osies het nie net die meisies- en seuns-afdeling gewen nie, maar is ook as algehele wenners met die hoogste groottotaal aangewys.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com




At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



