NewsSchools

Pieties se uitblinkers tydens prysuitdeling vereer

Leerders van Hoërskool Pie­tersburg wat gedurende die jaar op sport-, akademiese- en kuluurgebied topprestasies gelewer het, is verlede Donderdagaand tydens die skool se hoofprysuitdeling met sertifikate en trofeë vereer. Akademie In graad 12 is Pieter-Jan Gouws met 93,42% as top- akademiese- sowel as Dux-leerder aangewys terwyl Jean-Pierre Viljoen (93%), Jena Taylor (90,8%), Marlise Geddes en …

Leerders van Hoërskool Pie­tersburg wat gedurende die jaar op sport-, akademiese- en kuluurgebied topprestasies gelewer het, is verlede Donderdagaand tydens die skool se hoofprysuitdeling met sertifikate en trofeë vereer.
Akademie
In graad 12 is Pieter-Jan Gouws met 93,42% as top- akademiese- sowel as Dux-leerder aangewys terwyl Jean-Pierre Viljoen (93%), Jena Taylor (90,8%), Marlise Geddes en Eljani du Plessis (89,42%), Mari Geerkens (89,1%), Megan van Rensburg (88,8%), Marnu Pelser (86,1%) en Gillian Alsemgeest en Kailan Ferreira (85,42%) onder die slimkoppe is.
Mari het ook die TL Boshoff- en Emile Schee­pers-toekenning vir haar positiewe bydra tot die skool ontvang. Marnu Pelser ontvang die Pietiebond-toekenning as ware ambassadeur van die skool terwyl Chené van der Merwe die Beheerliggaamtoekenning as Topleerder van die Jaar ontvang.
Die beste presteerders in elke graad is Mia van Straaten (graad 8 – 92,2%), Leana Swarts (graad 9 – 97,2%), Diana van Niekerk (graad 10 – 94,33%) en Carmen Pratt (graad 11 – 93,42%).
Kultuur
Op kultuurgebied is Sarisa van der Goot as beste junior kultuurmeisie aangewys terwyl Cara Coetzee die trofee as beste senior kultuurmeisie ontvang. Gerhard Maré en Jahnco Steyn is onderskeidelik beste junior en senior kultuurseun.
Sport
Uitsonderlike sportpresteer­ders is; Zenobea Jewaskie­witz, Atleet van die Jaar, Ivan Beukes, Swemmer van die Jaar, Chanté du Bruyn, Tennisspeler van die Jaar, Pieter-Jan Gouws, Jukskei­speler van die Jaar, Jeneve Booysen, Landloopatleet van die Jaar, Christo Stears, Gholfspeler van die Jaar, Chené van der Merwe, Hokkiespeler van die Jaar en senior Sportmeisie van die Jaar, Louis Nel, Hokkiespeler (seun) van die Jaar en senior Sportseun van die Jaar, Glen Groenewald, Krieketspeler van die Jaar, Merichia Hattingh, Krieketspeler van die Jaar, Antonette Albertyn, Netbalspeler van die Jaar, Brandon Cronjé, Rugbyspeler van die Jaar, Nelia du Plessis, Luggeweerskut van die Jaar, Jean-Mari Mostert, Boogskut van die Jaar, Leana Swarts, junior Sportmeisie van die Jaar en Cor Müller, junior Sportseun van die Jaar.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die akademiese toppresteerders in elke graad is Mia van Straaten (graad 8 – 92,2%), Leana Swarts (graad 9 – 97,2%), Diana van Niekerk (graad 10 – 94,33%) en Carmen Pratt (graad 11 – 93,42%).
Pieter-Jan Gouws, top akademiese- en Dux-leerder asook Jukskeispeler van die Jaar.
Mari Geerkens is onder die top 10 akademiese leerders en ontvang twee toekennings vir haar uitsonderlike bydrae tot die skool.
Chené van der Merwe ontvang die Beheerliggaamtoekenning as Topleerder van die Jaar en word as Hokkiemeisie- en senior Sportmeisie van die Jaar aangewys.
Louis Nel is die Hokkiespeler- en senior Sportseun van die Jaar.
Marnu Pelser, top 10 akademiese presteerder, ontvang die Pietiebond-toekenning as ware ambassadeur van die skool.
Die beste senior kultuurmeisie is Cara Coetzee.
Gerhard Maré is die beste junior kultuurseun.
Die senior kultuurseun is Jahnco Steyn.
Leana Swarts, top 10 akademiese leerder en junior Sportmeisie van die Jaar.
Die beste junior kultuurmeisie is Sarisa van der Goot.
Cor Müller is die junior Sportseun van die Jaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button