NewsSchools

Jong entrepreneurs leer eerstehands oor wins

Laerskool Pietersburg-Oos se graad 1-leerders het tydens verlede Vrydag se entrepreneursdag hul eerste praktiese ervaring van die sakewêreld gehad. Die jongspan, bygestaan deur hul ouers, het met groot entoesiasme hul ware aan die res van die leerders aangebied. Gemeet aan die groot hoeveelhede lekkers, pankoekskywe, warmbrakke, roomys, boereworsrolle, koeldrank en pizzas wat verkoop is was …

Laerskool Pietersburg-Oos se graad 1-leerders het tydens verlede Vrydag se entrepreneursdag hul eerste praktiese ervaring van die sakewêreld gehad. Die jongspan, bygestaan deur hul ouers, het met groot entoesiasme hul ware aan die res van die leerders aangebied. Gemeet aan die groot hoeveelhede lekkers, pankoekskywe, warmbrakke, roomys, boereworsrolle, koeldrank en pizzas wat verkoop is was die dag ‘n groot sukses.
Gerda-Marie Jooné, graad 1-onderwyser en organiseerder was baie tevrede met die verloop van die dag. Volgens haar was die doel om die leerders so jonk as moontlik aan entrepreneurskap bloot te stel. “Ons wou hê hulle moet verstaan hoe besigheid werk en hoe wins gemaak word. Die leerders het dit geniet en baie geleer. Ek voorsien dat die groep nog bekende sakelui kan oplewer.”
Die leerders moet 10% van hulle wins aan die skool afstaan vir die opgradering van die skool se sportfasiliteite.

Foto’s: Herbert Rachuene
>>herbert.observer@gmail.com

Ryan O’Reilly, Martin Bergh and Gunther Botha verkoop suigstokkies en toffies.
Mikayla Fouché and Shellain van der Wath doen bemarking vir hul produkte.
Keisha Engelbrecht and Denay Steyn verkoop gewilde emoji-balonne. Marco Steyn skaf een aan.
Gerda-Mari Jooné, organiseerder van die entrepreneursdag.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button