NewsSchools

Kruinies-matrieks geloof vir uitnemende welslae

Matrikulante van Curro Heuwelkruin is tydens die onlangse matriektee met sertifikate en trofeë vir uitmuntende sukses gedurende die jaar vereer. Leerders het nie net vir hul akademiese prestasies erkenning gekry nie nie, maar ook vir hul bydrae op sport- en kultuurgebied sowel as dienslewering. Die top 5 akademiese leerders is Maria Tamayo Isla, Albert-Louis Nel, …

Matrikulante van Curro Heuwelkruin is tydens die onlangse matriektee met sertifikate en trofeë vir uitmuntende sukses gedurende die jaar vereer.
Leerders het nie net vir hul akademiese prestasies erkenning gekry nie nie, maar ook vir hul bydrae op sport- en kultuurgebied sowel as dienslewering.
Die top 5 akademiese leerders is Maria Tamayo Isla, Albert-Louis Nel, Modipadi Mok­gohloa, Augustin Ferror en Chantae Horn, Marisa de Lange en Reneé Hough wat die vyfde plek deel.
Vakpryswenners is Dian Botha (landbou­be­stuurswetenskappe, 83%, landboubestuurspraktyk, 84%), Quenique Chalmers (Engels eerste addisionele taal, 91%), Chantae Horn (Afrikaans huistaal, 89%), Reneé Hough (geografie, 80%), Ndzalama Lubisi (rekeningkunde, 75%), Modipadi Mokgohloa (drama, 93%, visuele kunste, 82%, besigheidstudies, 84%) en Albert-Louis Nel (ingeniersgrafika en -ontwerp, 88%, Afrikaans eerste addisionele taal, 91%, lewensoriëntering, 89%).
Maria Tamayo Isla word as Dux-leerder aangewys en ontvang die Rektorsmedalje vir haar akademiese prestasies. Sy is een van die top 5 akademiese leerders in graad 12 en beste presteerder in Engels huistaal, 88%, Afrikaans eerste addisionele taal, 91%, wiskunde, 93%, inligtingstegnologie, 92%, lewensoriëntering, 91% en fisiese wetenskappe, 90% sowel as 100% skoolbesoek in haar hoërskoolloopbaan.
Chantae Horn word as Vuur en Vlam Kruiner aangewys en is boonop die vakpryswenner in Afrikaans huistaal met 89%.
Joané van Staden word as Kruinie Guts Leerder van die Jaar aangewys en is die beste presteerder in wiskundige geletterdheid met 85%. Sy ontvang ook ‘n ysterorde as lid van die eerstehokkiespan wat as Noordvaal-wenners gekroon is.
Kruinies se sportster, Reece Wynne, ontvang erkenning vir sy uitstaande prestasie as goue medaljewenner tydens die interhoër, was lid van die Curro nasionale sewesspan en o.18-Cravenweekkaptein sowel as Rugbyspeler van die Jaar. Hy ontvang ook ‘n sertifikaat vir vyf jaar 100% skoolbesoek.
Ander toekennings wat gemaak is, is Kayla Spies as Netbalspeler van die Jaar, Lizette Pretorius, Atleet van die Jaar en Ofentse Maubane, Sewesrugbyspeler van die Jaar.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button