Tommies se top akademiese, kultuurleerders vereer
Leerders van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé wat gedurende die jaar buitengewone prestasies op akademiese- en kultuurgebied gelewer het, is tydens die skool se onlangse prysuitdeling vereer. Sertifikate is onder meer aan leerders wat aan die Beeld- en FAK-Ekspo sowel as aan dié wat aan Afrikaans-, fisiese wetenskappe-, wiskunde- en algemene kennis olimpiades deelgeneem het, …

Leerders van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé wat gedurende die jaar buitengewone prestasies op akademiese- en kultuurgebied gelewer het, is tydens die skool se onlangse prysuitdeling vereer.
Sertifikate is onder meer aan leerders wat aan die Beeld- en FAK-Ekspo sowel as aan dié wat aan Afrikaans-, fisiese wetenskappe-, wiskunde- en algemene kennis olimpiades deelgeneem het, oorhandig.
Lucille Markgraaf en Ruan Meyer is onderskeidelik as beste senior en junior redenaar aangewys terwyl Corrie en Eckardt Cornelius erekleure vir volkspele ontvang het. Shannon Page ontvang die Heleen Peasnall-toekenning vir beste presteerder in poësie en prosa.
ATKV-sertifikate van verdienste is aan Simoné Otto, André Kleynhans, Ryno van der Merwe, Tebogo Makgabo en Michelle Mensah oorhandig wat ‘n gemiddeld van 75% en hoër in Afrikaans behaal het.
Graad 12-leerders, Martinique Whitehead, Tyrique Kotze, Thapelo Magagane, Tony Mashengete, Ofentse Lengoasa, Bohlale Madutlela, André Kleynhans, Michelle Mensah, Neo Masesane, Matome Phochana, Miguel Vilar, Martin Gwangwa, Tebogo Mathale en Thandi Ngoveni ontvang sertifikate vir ‘n gemiddeld bo 65% terwyl Makgabo Legodi en Masego Shika erekleure vir ‘n gemiddeld bo 70% ontvang.
Vakpryswenners is Masego Shika (pas en masjinering, 85%), Tebogo Mathale (siviele dienste, 65%), Martinique Whitehead (kragsisteme, 71%), Damian Pinn (elektroniese stelsels, 65%), Thapelo Magagane (boukonstruksie, 76%), Zelrie du Bruyn (tegniese wetenskappe, 73%), Mothiba Keamogetswe (tegniese wiskunde, 62%), Johanita Cilliers (houtwerk, 74%), Makgabo Legodi (Engels huistaal, 87%, motorwerktuigkunde, 65%, ingeniersgrafika en -ontwerp, 85%) en Ryno van der Merwe (Afrikaans huistaal, 75%, Engels eerste addisionele taal, 80%).
Tebogo Makgabo ontvang ‘n merietesertifikaat vir ‘n gemiddeld van 85% en behaal onderskeidings in Afrikaans, Engels, fisiese wetenskappe, wiskunde, lewensoriëntering en digitale sisteme. Hy ontvang ook die Tommie-medalje as beste akademiese presteerder en word as Dux-leerder aangewys.
Zelrie de Bruyn is as Tommie van die Jaar aangewys.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com











