NewsSchools

‘Kinkel in die kabel’ vier tagtigerjare met sang, dans

Daar was ‘n paar kinkels in die kabel met Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se jaarlikse revue wat verlede week plaasgevind het. Die revuegroep bestaande uit leerders van graad 4 tot 7 het puik vertonings gelewer en op ‘n verskeidenheid liedjies uit die tagtigerjare gesing, -dans en toneel gespeel. ‘Kinkel in die kabel’ is deur ‘n onderwyser …

Daar was ‘n paar kinkels in die kabel met Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se jaarlikse revue wat verlede week plaasgevind het.
Die revuegroep bestaande uit leerders van graad 4 tot 7 het puik vertonings gelewer en op ‘n verskeidenheid liedjies uit die tagtigerjare gesing, -dans en toneel gespeel.
‘Kinkel in die kabel’ is deur ‘n onderwyser van die skool, Hilde Malan, geskryf. “Die storie gaan oor vier karakters wat op soek is na ‘n ou weggesteekte televisie. Hulle het verneem daar is iets snaaks omtrent die televisie en kom agter dat dit wel die geval is wanneer hulle dit vind. Die televisie sluk hulle in, en hulle beweeg van een kanaal na ‘n ander tot iemand die ‘home’ knoppie druk en hulle veilig by die skool aankom.”
Skoolhoof, Gideon Pelzer, het die toewyding en harde werk van die revuegroep en personeellede geprys. Die skool het teen druktyd steeds nie name
verskaf nie.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Die kabouters is vol pret.
Iemand het die beeld gevries.
‘n Leerder gee sy weergawe van Michael Jackson.
Die kinders is in TV-land vasgevang.
Poplap het ‘n groot glimlag.
Osies is sportmal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button