Atlete oefen hard vir nuwe seisoen
Die stad se jong atlete maak reeds groot erns met hul voorbereiding vir die nuwe seisoen wat vroeg in Januarie begin. Dit was ook die geval toe ‘n aantal laerskole van die provinsie verlede Dinsdag aan ‘n vriendskaplike byeenkoms by die ou Peter Mokabastadion deelgeneem het. Die geleentheid, met Pietersburg Laerskool (Suidskool) as gasheer, is …

Die stad se jong atlete maak reeds groot erns met hul voorbereiding vir die nuwe seisoen wat vroeg in Januarie begin.
Dit was ook die geval toe ‘n aantal laerskole van die provinsie verlede Dinsdag aan ‘n vriendskaplike byeenkoms by die ou Peter Mokabastadion deelgeneem het.
Die geleentheid, met Pietersburg Laerskool (Suidskool) as gasheer, is bygewoon deur Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool), Curro Heuwelkruin, Eagles Nest Christian School, Laerskool Louis Trichardt, Laerskool Krugerpark van Mokopane en Laerskool Julian Muller van Groblersdal.
Charlotte van der Berg, die organiseerder en ‘n opvoeder by PLS, sê die byeenkoms is gereël met die oog op volgende jaar se atletiekseisoen wat vroeg in Januarie begin. “Dit het aan atlete ‘n geleentheid gebied om hulle krag en fiksheid teen dié van ander skole te meet en so hul voorbereiding te beplan.” Van der Berg het die deelnemers en alle ander betrokkenes bedank en gesê die atlete het dit duidelik geniet om solank die spreekwoordelike litte los te maak met die oog op beter prestasie volgende jaar.
Storie en foto’s: Herbert Rachuene
>>herbert.observer@gmail.com





vir seuns.



