Geelhoutboom se plantseremonie ‘n tradisie
Die geelhoutboom (Podocarpus latifolius) is Suid-Afrika se nasionale boom en leerders van Marné Ebersohn Akademie plant die afgelope drie jaar ‘n boom ter nagedagtenis van leerders wat in daardie jaar hul skoolloopbane afsluit. Vanjaar was nie ‘n uitsondering nie en die skool se nege graad 12-leerders het Dinsdag vroegoggend nadergestaan om elkeen ‘n paar grawe …

Die geelhoutboom (Podocarpus latifolius) is Suid-Afrika se nasionale boom en leerders van Marné Ebersohn Akademie plant die afgelope drie jaar ‘n boom ter nagedagtenis van leerders wat in daardie jaar hul skoolloopbane afsluit.
Vanjaar was nie ‘n uitsondering nie en die skool se nege graad 12-leerders het Dinsdag vroegoggend nadergestaan om elkeen ‘n paar grawe grond by te dra tot die plantseremonie.
Volgens Magda Pretorius, graad 8-voogonderwyser, is een of twee graad 8-leerders aan elke matriekleerder toegewys en het hulle elkeen ‘n kort dankwoord tot hul onderskeie mentors gerig. “Dit is ‘n tradisie by die skool en die matrieks tree as mentors vir graad 8-leerders op om hulle touwys te maak en te verseker dat hulle tuis voel en inskakel,” verduidelik Pretorius.
Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com



