‘Groot skool’ net om die draai vir graad R-leerders
Pietersburg Laerskool (PLS) het onlangs ‘n opedag vir volgende jaar se graad R-leerders en hul ouers aangebied. Ouers is kortliks in die saal deur PLS operasionele hoof Jacques Bartlett toegespreek waarna ouers en kinders graad R-klaskamers toe is om die onderwysers te ontmoet en te sien waar hulle volgende jaar sal skoolgaan. Dit was veral …

Pietersburg Laerskool (PLS) het onlangs ‘n opedag vir volgende jaar se graad R-leerders en hul ouers aangebied.
Ouers is kortliks in die saal deur PLS operasionele hoof Jacques Bartlett toegespreek waarna ouers en kinders graad R-klaskamers toe is om die onderwysers te ontmoet en te sien waar hulle volgende jaar sal skoolgaan.
Dit was veral vir Bartlett en sy vrou, Mariette wat ‘n leerkrag van die skool is, ‘n baie spesiale opedag aangesien hulle jongste dogter, Evelitt ook volgende jaar ‘n graad R-leerder gaan wees.
“Hulle groei so vinnig, ek kan nie glo dis al tyd vir Evelitt om met ‘groot skool’ te begin nie,” het hy gesê.
Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za






