NewsSchools

Nuwe leiers kry balkies, gereed vir die taak

Terwyl die graad 7-leierskorps van Laerskool Piet Hugo verlede week druk besig was met voorbereiding vir hul finale eksamen as laerskoolleerders, het die skool se nuwe leiers vir 2019 verlede Donderdag hul balkies ontvang. Die nuwe leiers sal geleidelik take en verpligtinge by hul voorgangers oorneem en was baie opgewonde oor die nuwe uitdagings. Hoofseun, …

Terwyl die graad 7-leierskorps van Laerskool Piet Hugo verlede week druk besig was met voorbereiding vir hul finale eksamen as laerskoolleerders, het die skool se nuwe leiers vir 2019 verlede Donderdag hul balkies ontvang.
Die nuwe leiers sal geleidelik take en verpligtinge by hul voorgangers oorneem en was baie opgewonde oor die nuwe uitdagings. Hoofseun, Nathan Johnson sê dat hy ‘n spanbouer is en daarna uitsien om saam met die ander leiers te werk. Hoofmeisie, Amoge­lang Lepuru wil meer respek vir leerkragte en leerders onderling bevorder. “Ek gaan my ook beywer vir langer pouses sodat leerders mekaar beter kan leer ken,” sê sy grappenderwys.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button