Kleuters neem afskeid, ontvang sertifikate
Kleuters van Werk en Wen Pre-primêre Skool wat vanjaar in graad RR was, het verlede Donderdagaand vir oulaas op die klimrame en speelgoed op die skoolterrein baljaar nadat hul sertifikate tydens ‘n afsluitingseremonie oorhandig is. Trotse ouers het gesellig op reisdekens op die grasperk piekniek gehou terwyl die kleuters hul beurte afgewag het om ‘n …

Kleuters van Werk en Wen Pre-primêre Skool wat vanjaar in graad RR was, het verlede Donderdagaand vir oulaas op die klimrame en speelgoed op die skoolterrein baljaar nadat hul sertifikate tydens ‘n afsluitingseremonie oorhandig is.
Trotse ouers het gesellig op reisdekens op die grasperk piekniek gehou terwyl die kleuters hul beurte afgewag het om ‘n sertifikaat en ‘n drukkie van skoolhoof, Monica Strauss te ontvang. ‘n Foto is van elkeen met hul sertifikate geneem en sal saam met hul rapporte uitgedeel word.
Strauss het die ouers bedank vir hul betrokkenheid by die skool en gesê dat dit ‘n voorreg was om deel te wees van die kleuters se ontwikkeling.
Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com






