Leerders vereer tydens Suidskool-prysuitdeling
Pietersburg Laerskool het verlede Donderdag hul jaarlikse prysuitdeling gehou en leerders wat in akademie, sport en kultuur uitgeblink het, is met sertifikate en trofeë vereer. Leerders het toekennings vir deelname op provinsiale en nasionale vlak ontvang terwyl die top slimkoppe in elke graad ook aangewys is. Lohandi Schutte is een van die leerders wat gereeld …

Pietersburg Laerskool het verlede Donderdag hul jaarlikse prysuitdeling gehou en leerders wat in akademie, sport en kultuur uitgeblink het, is met sertifikate en trofeë vereer.
Leerders het toekennings vir deelname op provinsiale en nasionale vlak ontvang terwyl die top slimkoppe in elke graad ook aangewys is.
Lohandi Schutte is een van die leerders wat gereeld ‘n beurt op die verhoog gekry het om ‘n toekenning te ontvang. Sy is die top akademiese presteerder in graad 5, Sportmeisie van die Jaar, top kultuurpresteerder, Atleet van die Jaar, Landloopmeisie van die Jaar, Senior Redenaar van die Jaar en ontvang toekennings vir haar deelname aan die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe en Radikale Redenaars op provinsiale en nasionale vlak. Nog ‘n leerder wat op sportgebied skoonskip gemaak het, is Zandré Hattingh wat as Sportseun van die Jaar, Krieketspeler van die Jaar en Tennisspeler van die Jaar aangewys is en boonop provinsiale kleure vir rugby, krieket en hokkie verwerf.
Op akademiese gebied was Karlize Bacher as Dux-leerder aangewys en sy is die top akademiese leerder in graad 7 wat ook as vakpryswenner in Afrikaans, Engels, Sosiale Wetenskappe, Ekonomiese Bestuurswetenskappe, skeppende kuns en Lewensoriëntering weggestap het.
Ander toekennings is soos volg:
Gemeenskapsdienstrofee – Francois van Heerden
Sewe jaar getroue skoolbesoek – Tristan Myburgh
Junior Redenaar van die Jaar – Rieke Bosman
Junior Skaakspeler van die Jaar – Li-Mei Wessels
Senior Skaakspeler van die Jaar – Marilené van den Bergh
Seunsatleet van die Jaar – Ian Fouché
Hokkiemeisie van die Jaar – Elmari Oosthuizen
Hokkieseun van die Jaar – Dewan Gobey
Jukskeispeler van die Jaar – Lujandré Koegelenberg
Landloopseun van die Jaar – Erik Nel
Netbalspeler van die Jaar – Simoné Jansen van Nieuwenhuizen
Rugbyspeler van die Jaar – Jason Hugo
Tennismeisie van die Jaar – Larochelle Evert
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



















