NewsSchools

Hokkiespelers word touwys gemaak uit Nederland

Hoërskool Pietersburg (PHS) se astro-hokkiebaan was ‘n miernes van bedrywighede tydens die Sportways Princess Dutch Clinic wat die naweek deur twee Nederlandse hokkiespelers aangebied is. Volgens die skool se skakelbeampte, Elmari Craig, is die kliniek vir spelers tussen 12 en 18 jaar aangebied ongeag van watter skool hulle kom. Die kliniek het ten doel gehad …

Hoërskool Pietersburg (PHS) se astro-hokkiebaan was ‘n miernes van bedrywighede tydens die Sportways Princess Dutch Clinic wat die naweek deur twee Nederlandse hokkiespelers aangebied is.
Volgens die skool se skakelbeampte, Elmari Craig, is die kliniek vir spelers tussen 12 en 18 jaar aangebied ongeag van watter skool hulle kom. Die kliniek het ten doel gehad om vaardighede van internasionale gehalte aan te leer en vir afrigters om touwys gemaak te word oor fynere tegnieke van die spel, volgens Craig.
Die kliniek wat deur Mike Gildenhuys en Ambrose Op Het Veld aangebied is, is Pieties se wyse om te verseker dat hulle die top hokkieskool in die provinsie bly.

Storie en fotos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

‘n Groot groep hokkiespelers het die kliniek bygewoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button