Kruinies se werfatletiek sorg vir hope nuwe rekords
Hoërskoolatlete van Curro Heuwelkruin het verlede week tydens die skool se jaarlikse werfatletiek twaalf rekords verbeter. Kruinies neem in drie huise, Phobos, Triton en Deimos deel met Triton wat vanjaar as algehele wenners aangewys is. Phobos en Deimos moes onderskeidelik met die tweede en derde plek tevrede wees. Die laerskool se uitslae sowel as foto’s …

Hoërskoolatlete van Curro Heuwelkruin het verlede week tydens die skool se jaarlikse werfatletiek twaalf rekords verbeter.
Kruinies neem in drie huise, Phobos, Triton en Deimos deel met Triton wat vanjaar as algehele wenners aangewys is.
Phobos en Deimos moes onderskeidelik met die tweede en derde plek tevrede wees.
Die laerskool se uitslae sowel as foto’s van leerders wat tydens die geleentheid geneem is, kon teen druktyd nie deur die skool verskaf word nie.
Nuwe rekords
Danae Marais, o.17-diskus, 28,73 m
Lené van As, o.15-verspring, 4,32 m
Salomé Lombaard, o.16 verspring, 4,20 m
Tawanda Gopo, o.19- verspring, 4,30 m
Salome Lombaard, o.16-gewigstoot, 9,72 m
Matalame Mamabolo, o.16-hoogspring, 1,64 m
Gerhard van Zyl, o.17-gewigstoot, 12, 26 m
Daniel Erasmus, o.19-gewigstoot, 12,03 m
Tyron Serrahdino, o.17-verspring, 6,28 m
Thato Hams, o.14-verspring, 4,84 m
Wiko Neuhoff, o.15-100 m, 13,14 sekondes.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



