NewsSchools

Atlete haal uit in jaarlikse bokkesport

Uitgedos in rooi T-hemde, swart kortbroeke en met genoeg sonskerm het atlete van Marné Ebersohn Akademie Saterdag reeds vroegoggend by die skool byeengekom vir die jaarlikse bokkesport wat vanjaar vir die tweede keer op die skool se eie velde aangebied is. Atlete van die Groen-, Rooi-, Geel- en Blouspanne het aan gewigstoot, ver- en hoogspring, …

Uitgedos in rooi T-hemde, swart kortbroeke en met genoeg sonskerm het atlete van Marné Ebersohn Akademie Saterdag reeds vroegoggend by die skool byeengekom vir die jaarlikse bokkesport wat vanjaar vir die tweede keer op die skool se eie velde aangebied is.
Atlete van die Groen-, Rooi-, Geel- en Blouspanne het aan gewigstoot, ver- en hoogspring, diskus en naellope oor 60- tot 1 500 meter deelgeneem. Die juniors is ook ingewy met turbospies.
Volgens sportorganiseerder, Christine Pretorius, was die byeenkoms ‘n reuse sukses en het die betrokkenheid van ouers grootliks daartoe bygedra dat die program vlot verloop het.
Geen uitslae was teen druktyd beskikbaar nie.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

O.7-atleet Eleoné Vorsatz van die Groenspan werp die turbospies.
Jaq-Marie Cronjé, o.17, wys haar slag met gewigstoot.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button