NewsSchools

Laerskole ding mee op atletiekbaan

Pietersburg Laerskool het verlede Donderdag die jaarlikse laerskole P1-atletiekbyeenkoms suksesvol by die ou Peter Mokaba Stadion aangebied. Atlete van agt plaaslike skole het mekaar in baan- sowel as velditems die stryd aangesê. Slegs een rekord is verbeter deur Suidskool se atleet, Duané Robson, o.12, wat in spiesgooi ‘n afstand van 21,24 m gegooi het – …

Pietersburg Laerskool het verlede Donderdag die jaarlikse laerskole P1-atletiekbyeenkoms suksesvol by die ou Peter Mokaba Stadion aangebied.
Atlete van agt plaaslike skole het mekaar in baan- sowel as velditems die stryd aangesê. Slegs een rekord is verbeter deur Suidskool se atleet, Duané Robson, o.12, wat in spiesgooi ‘n afstand van 21,24 m gegooi het – ‘n verbetering van meer as 2 m.
Volgens die skool se skakelbeampte, Charlotte van den Berg is daar nie ‘n wenskool aangewys nie.
Laerskoolatlete neem vandag (Donderdag) aan die kringbyeenkoms in die stadion deel.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Suidskool se Anria de Beer, o.12, tydens die hoogspring.
Solly Mamabolo, o.12, van Northern Academy Primary School met sy poging by die hoogspring.
Laruschke Bredenkamp, o.13, van Suidskool in aksie met gewigstoot.
Oosskool se top gewigstoter, Malinda Swart, o.13, op dreef.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button