NewsSchools

Rekords spat by Janus Robberts Uitnodigingsbyeenkoms

Die jaarlikse Janus Robberts Uitnodigingsbyeenkoms wat Vrydag by Hoërskool Pietersburg (PHS) aangebied is, het oudergewoonte vir groot kompetisie onder baan- en veldatlete van verskeie skole gesorg. “Robberts, ou-Pietie en gerekende sportman, bekend vir sy uitstaande atletiekpre­stasies oor die jare heen, word vanjaar weer eens vereer vir sy besonderse ambassadeurskap vir atletiek, maar ook vir PHS, …

Die jaarlikse Janus Robberts Uitnodigingsbyeenkoms wat Vrydag by Hoërskool Pietersburg (PHS) aangebied is, het oudergewoonte vir groot kompetisie onder baan- en veldatlete van verskeie skole gesorg.
“Robberts, ou-Pietie en gerekende sportman, bekend vir sy uitstaande atletiekpre­stasies oor die jare heen, word vanjaar weer eens vereer vir sy besonderse ambassadeurskap vir atletiek, maar ook vir PHS, op verskeie wêreldverhoë,” sê skoolhoof, Willie Schoeman.
Janus het in 1997 aan PHS as lid van die senior verteenwoordigende leerderraad en koshuishoofseun gematrikuleer.
Dertien rekords is tydens die byeenkoms verbeter en verskeie individuele toekennings is gemaak:
Junior Victor Ludorum – Mukhetwa Thsifura (Tom Naudé)
Senior Victor Ludorum – Marcelle de Jager (PHS)
Junior Victrix Ludorum – Elandri Janse van Rensburg (Merensky)
Senior Victrix Ludorum – Rinelda van der Linde (PHS)
Beste seunsbaanatleet – Mukhetwa Tshifura (Tom Naudé)
Beste meisiesbaanatleet – Chinique Brown (PHS)
Beste seunsveldatleet – Neil Smit (Elllisras)
Beste meisieveldatleet – Rinelda van der Linde (PHS)
Beste enkele prestasie seun – Neil Smit (Ellisras)
Beste enkele prestasie meisie – Elandri Janse van Rensburg (Merensky)
Geen wenskool is aangewys nie.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Zander de Ridder, o.19, van PHS in aanloop tydens driesprong.
JP Venter van Tom Naudé, o.17, laat waai met die gewigstootbal.
Miemie Saaiman, o.17, van PHS vlieg oor die hekkies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button