Isabella du Bruyn: Ek is baie lief vir lees. Ek kan nie gaan slaap sonder om eers 'n bietjie te lees nie.
POLOKWANE – Review het met Laerskool Pietersburg-Oos leerders gaan gesels om te hoor waarom hulle lees. Vir elkeen van hierdie leerders is lees beslis lekker.
Nicolaas du Toit: Lees is baie lekker en as jy lees raak jy lekker slim.
Jacques du Toit: Lees is nie net lekker nie, dit is ook ‘n avontuur vir jou brein.
Teaden van Eeden: Dit is baie lekker om te lees en ek lees graag vir my sussie.
Cherize Myburgh: Lees is lekker en dit is altyd interessant om nuwe boeke te lees.
Chantonay Oosthuizen: Ek kan baie boeke koop vandag. Dit is vir my lekker om te lees van allerhande dinge.
Joshua Allers: Ek lees om slim te word.
Jolan van Jaarsveld: Ek is lief vir lees en verkies spook stories of moord stories.
Ineke Weterman: Wanneer mens lees leer ‘n mens nuwe en interessante dinge.
Liné Snymand: Lees maak mens slimmer en help jou om beter te konsentreer.