Local NewsNews

Brandstigting ondersoek na raadslid se huis brand

Die voorval waartydens die huis van Demokratiese Alliansie (DA)-raadslid in Polokwane Munisipaliteit, Androë Botha op die Roodepoort landbouhoewes Maandag om ongeveer 01: 26 deur ‘n brand in puin gelê is, word deur die polisie ondersoek. Volgens Botha is die hele struktuur onherstelbaar beskadig en die totale inhoud verwoes. Botha en haar kinders was nie ten …

Die voorval waartydens die huis van Demokratiese Alliansie (DA)-raadslid in Polokwane Munisipaliteit, Androë Botha op die Roodepoort landbouhoewes Maandag om ongeveer 01: 26 deur ‘n brand in puin gelê is, word deur die polisie ondersoek.
Volgens Botha is die hele struktuur onherstelbaar beskadig en die totale inhoud verwoes. Botha en haar kinders was nie ten tye van die voorval tuis nie. Ek is dankbaar dat niemand in die voorval beseer is nie,” sê Botha.
Botha wou haar nie uitlaat oor ‘n moontlike oorsaak van die brand nie, maar het wel gesê dat sy Vrydag in ‘n argument met ‘n raadslid van een van die ander opposisiepartye in die stadsraad betrokke was.
DA premierskandidaat, Jacques Smalle het na die voorval in ‘n mediavrystelling waarin na brandstigting by Botha se huis verwys word, gesê dat die DA nie in daardie stadium wou spekuleer of die voorval polities geïnspireer was nie en dat die forensiese span toegelaat moet word om ‘n deurtastende ondersoek te doen sodat die oortreders vervolg kan word.
Motlafela Mojapelo, die polisie se provinsiale kommunikasiehoof, het bevestig dat die motief vir die voorval onbekend is en dat ‘n saak van brandstigting ondersoek word.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Skade na die brand op die Roodepoort landbouhoewes.
Aansienlike skade is binne die huis waarin Androë Botha gewoon het, aangerig.
Slegs die mure van die huis het staande gebly na die brand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button