NewsSchools

Suidskool-graad 7s reik uit na Eeufeeshuis

Pietersburg Laerskool het besluit om vanjaar na die gemeenskap uit te reik en die graad 7-leerders het dié projek volstoom aangepak deur verlede Donderdag vir inwoners van Eeufeeshuis ‘n sokkie aan te bied. Inwoners is nie net met lekker musiek bederf nie, maar kon ook aan spookasem en springmielies peusel terwyl daar tot laat geskoffel …

Pietersburg Laerskool het besluit om vanjaar na die gemeenskap uit te reik en die graad 7-leerders het dié projek volstoom aangepak deur verlede Donderdag vir inwoners van Eeufeeshuis ‘n sokkie aan te bied.
Inwoners is nie net met lekker musiek bederf nie, maar kon ook aan spookasem en springmielies peusel terwyl daar tot laat geskoffel is.
Die skool het ook in samewerking met plaaslike rolspelers, inwoners se hare en gri­mering opgeknap voordat hulle vir die sokkie aangemeld het.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Simonique Doncaster, Nichaela de Koker en Zané Kruger gereed vir die dansvloer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button