Skoolhoof, Piet Holtzhausen, te same met korporatiewe bestuurder, Erik Pienaar, en sportorganiseerder, Kobus de Meyer het besluit om die gebeurtenis te vier, deur klere en al, in die water te spring.
Erik Pienaar, Kobus de Meyer en Piet Holtzhausen baljaar in die nuwe swembad.
POLOKWANE – Die gesegde lui “Water bring lewe” en daar was inderdaad ‘n nuwe lus vir die lewe, toe Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se nuwe swembad uiteindelik vol getap is.
Skoolhoof, Piet Holtzhausen, te same met korporatiewe bestuurder, Erik Pienaar, en sportorganiseerder, Kobus de Meyer het besluit om die gebeurtenis te vier, deur klere en al, in die water te spring.
Dié swembad se herstel proses het reeds verlede jaar begin, maar die eerste water is laat verlede week eers ingetap. Die leerders en personeel is almal ewe opgewonde oor dié nuwe toevoeging tot die skool.
Dié swembad, is volgens kenners, die enigste Olimpiese standaard swembad in Limpopo met ‘n 25m swemafstand en 10 bane.
Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard