NewsSchools

Pieties wys tande tydens wintersportbyeenkoms

Honderde ouers, toeskouers en sportseuns- en -meisies wat Saterdag op Hoërskool Pie­tersburg (PHS) se sportveld toegesak het, het die begin van die wintersportseisoen met die eerste kragmeting teen Hoërskool Merensky van Tzaneen aangekondig. Vir Pieties se netbal- en hokkiespanne was dit ‘n vriendskaplike byeenkoms en hulle het die kans goed benut om vir die seisoen …

Honderde ouers, toeskouers en sportseuns- en -meisies wat Saterdag op Hoërskool Pie­tersburg (PHS) se sportveld toegesak het, het die begin van die wintersportseisoen met die eerste kragmeting teen Hoërskool Merensky van Tzaneen aangekondig.
Vir Pieties se netbal- en hokkiespanne was dit ‘n vriendskaplike byeenkoms en hulle het die kans goed benut om vir die seisoen voor te berei.
Afrigters kon ook finale besluite neem en aanpassings tot die spanne maak.
Die kragmeting het egter meer druk op die rugbyspanne geplaas omdat dit die eerste wedstryde in die jaarlikse Virseker-bekerreeks was met die eerstespan wat dadelik die toon aangegee het deur ‘n 68-15 oorwinning te behaal.
Op die netbalbaan het die eerste netbalspan 41-17 geseëvier en die eerste hokkieseuns 5-0 met die louere weggestap het. Die eerste hokkiemeisies het na ‘n harde wedstryd een elk gelykop gespeel.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Cailin Menzies, o.14, in aksie op die netbalbaan.
Zani Burger van PHS se eerste hokkiespan meet kragte met haar opponent.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button