NewsSchools

Suikerbekkie vier 40 jaar

Ouers en kleuters van Suikerbekkie Kleuterskool het Saterdag heerlik gekuier by die skool se 40-jarige verjaardagviering. Stalletjies met interessante eet-en drinkgoed, speelgoed, juwele, babadoeke en ‘n badreeks vir babas is goed ondersteun en die geur van varsgebakte samoesas het besoekers laat naderstaan om aan dié lekkernye te smul. Vir die meeste kleuters was ‘n stalletjie …

Ouers en kleuters van Suikerbekkie Kleuterskool het Saterdag heerlik gekuier by die skool se 40-jarige verjaardagviering.
Stalletjies met interessante eet-en drinkgoed, speelgoed, juwele, babadoeke en ‘n badreeks vir babas is goed ondersteun en die geur van varsgebakte samoesas het besoekers laat naderstaan om aan dié lekkernye te smul.
Vir die meeste kleuters was ‘n stalletjie waar hul gesigte geverf is, ‘n aantrekkingskrag en ouers het geduldig in die ry gewag terwyl ‘n vriendin van die skool, Melissa Beeslaar, elke kleuter met ‘n gesig van hul keuse versier het.
Skoolhoof, Roelien Nortjé, sê dat die skool reeds sedert 1979 op dieselfde perseel bestaan en tans 50 kleuters in drie klasse het.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Kunstenaar Wilbur Nyanukapa wys sy handgemaakte geskenke by Suikerbekkie Kleuterskool se stalletjies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button