NewsSchools

Kleuters groet Bartlett voor reis na Amerika

Kleuters van Werk en Wen Pre-primêre skool het verlede Donderdagoggend opgewonde van Pietersburg Laerskool se operasionele hoof Jacques Bartlett afskeid geneem voordat hy op ‘n besoek aan Amerika vertrek het. Bartlett is een van vyf Suid-Afrikaanse opvoeders wat deur Solidariteit genooi is om ‘n tiendaagse studietoer mee te maak. Volgens Bartlett gaan die groep lesings …

Kleuters van Werk en Wen Pre-primêre skool het verlede Donderdagoggend opgewonde van Pietersburg Laerskool se operasionele hoof Jacques Bartlett afskeid geneem voordat hy op ‘n besoek aan Amerika vertrek het.
Bartlett is een van vyf Suid-Afrikaanse opvoeders wat deur Solidariteit genooi is om ‘n tiendaagse studietoer mee te maak. Volgens Bartlett gaan die groep lesings in Atlana, Georgia bywoon en ook skole in ander state besoek om meer van tabletgeïntegreerde- en projekgebasseerde onder­wysstelsels te wete te kom. “Ons gaan kyk hoe dit werk en sien wat ons kan saambring om tot voordeel van ons leerders te gebruik,” verduidelik hy. Die besoek sluit ook ‘n besoek aan CNN en bywoning van ‘n egte Amerikaanse voetbalwedstryd in.
Bartlett was baie ingenome met ‘n sak geskenke wat toiletware en ‘n nekkussing en T-hemp wat nuttig op die lang vlug via Doha te pas sal kom, ingesluit het.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button