NewsSchools

Mnr en Mej PHS 2019 gekroon

Finaliste het verlede Donderdag hul beste voetjie voor gesit om beoordelaars tot so ‘n mate te beïndruk dat hulle ‘n kans kan staan om as vanjaar se Mnr en Mej PHS gekroon te word. Die saal was oudergewoonte vol gepak terwyl finaliste op die verhoog in sosiale- en formele drag geparadeer het en hul kreatiewe …

Finaliste het verlede Donderdag hul beste voetjie voor gesit om beoordelaars tot so ‘n mate te beïndruk dat hulle ‘n kans kan staan om as vanjaar se Mnr en Mej PHS gekroon te word.
Die saal was oudergewoonte vol gepak terwyl finaliste op die verhoog in sosiale- en formele drag geparadeer het en hul kreatiewe kant in die eie inisiatief-afdeling ten toon gestel het.
Gerhard Maré en Juané Vorster is as vanjaar se Mnr en Mej PHS aangewys terwyl tweede prinses, Diana van Niekerk, eerste prinses, Louise van Ryneveld, eerste prins Keegan Menzies en tweede prins Braam van den Heever met die ander titels weggestap het.

Mej en Mnr PHS, Juané Vorster en Gerhard Maré in die middel saam met tweede prinses Diana van Niekerk, eerste prinses Louise van Ryneveld, eerste prins Keegan Menzies en tweede prins Braam van den Heever. (Foto’s: Verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button