NewsSchools

Pieties sit opponente ore aan tydens tennisliga

Die eerste skoletennisliga is onlangs by die Polokwane Tennisklub gehou waar spelers van Hoërskool Pietersburg (PHS) hul stemme behoorlik dik gemaak het. Slegs A- en B-spanne het aan die liga deelgeneem en Pieties het hul goed teen die spanne van Hoërskool Merensky, Stanford Lake College en Hoërskool Ben Vorster gekwyt. Die seuns se A- en …

Die eerste skoletennisliga is onlangs by die Polokwane Tennisklub gehou waar spelers van Hoërskool Pietersburg (PHS) hul stemme behoorlik dik gemaak het.
Slegs A- en B-spanne het aan die liga deelgeneem en Pieties het hul goed teen die spanne van Hoërskool Merensky, Stanford Lake College en Hoërskool Ben Vorster gekwyt.
Die seuns se A- en B-span sowel as die meisies se B-span slaag in al hul wedstryde behalwe vir die meisies se A-span wat nie die mas kon opkom nie.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

PHS se Chaunté du Bruyn hardloop vorentoe om by die bal te kom.
Ruben Potgieter, PHS, speel ‘n rughou.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button