NewsSchools

Tommies ryg medaljes in tydens interhoër

Atlete van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het 45 medaljes tydens die onlangse Limpopo Noordstreek Interhoër by Hoërskool Merensky ingepalm. Dertien daarvan is goud terwyl Tommies ‘n verdere 19 silwer en 19 bronsmedaljes verower het. Tommies se staatmakernaelloper, Mukhetwa Tshifura, o.15, is as beste naelloper vir die dag aangewys en verbeter die rekords in die …

Atlete van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het 45 medaljes tydens die onlangse Limpopo Noordstreek Interhoër by Hoërskool Merensky ingepalm.
Dertien daarvan is goud terwyl Tommies ‘n verdere 19 silwer en 19 bronsmedaljes verower het.
Tommies se staatmakernaelloper, Mukhetwa Tshifura, o.15, is as beste naelloper vir die dag aangewys en verbeter die rekords in die 100 m en 200 m met 11,16 en 22,84 sekondes onderskeidelik. Mukhetwa se bydrae tot die o.15-af­losspan het ook vir ‘n nuwe rekord van 46,94 sekondes gesorg.
Tommies se seuns eindig algeheel derde met 280 punte, slegs vier punte minder as Merensky. Tommies behaal ‘n algehele vierde plek vir die interhoër en word as naaswenners vir die prestasiebeker aangewys.
Die aflosspanne het hul goed van hul taak gekwyt en die medaljes ingeoes – o.15-seuns goud, o.19-seuns goud, o.16-seuns silwer, o.16-meisies silwer, o.14-seuns brons en o.17-seuns brons.
Tommies-personeel se aflosspan het dit duidelik gemaak dat hulle nog warm op die baan is. Die span bestaande uit Lee-Ann de Beer, Roelof Oosthuizen, Kobus de Meyer en Carla Booysen het ‘n silwer­medalje verower.
Die dirigente en sanggroep het ook ‘n derde plek ingepalm met Jonathan de Souza Meneze wat as beste dirigent van die dag aangewys is.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Leonardo da Costa, o.19, in aksie met die spiesgooi.
JP Venter, o.17, laat waai met die diskus.
Eduaniq Harmse. o.19, nael vir die wenstreep in die 100 m.
Liandri Peyper, o.17 sit al haar krag agter die gewigstootbal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button