Water spat by Oosskool se Tjokker en Jufferpartytjie
‘n Rugbyveld vol springkastele en ‘n verskeidenheid waterglybane het onlangs vir groot opwinding vir kleuters van Laerskool Pietersburg-Oos se graad R-klasse gesorg toe hulle aan ‘n Tjokker en Jufferpartytjie deelgeneem het. Ouers en leerkragte het gehelp om die kinders se gesigte te verf en eet- en drinkgoed uit te deel en die water het behoorlik …

‘n Rugbyveld vol springkastele en ‘n verskeidenheid waterglybane het onlangs vir groot opwinding vir kleuters van Laerskool Pietersburg-Oos se graad R-klasse gesorg toe hulle aan ‘n Tjokker en Jufferpartytjie deelgeneem het.
Ouers en leerkragte het gehelp om die kinders se gesigte te verf en eet- en drinkgoed uit te deel en die water het behoorlik gespat toe die kleuters van hul oortollige energie ontslae geraak het.
Anjah de Nysschen, organiseerder van die partytjie, sê dat die graad R’e onlangs na nuwe klasse op die skoolterrein getrek het en dat die partytjie gehou is om geld vir die uitbreiding van die nuwe geriewe in te samel.
“Elke kleuter moes ‘n geldnoot bydra om ons nood te verlig. Die Tjokker en Jufferembleem is ook vanjaar ses jaar oud en ons vier die geleentheid met geskenkpakkies,” het De Nysschen vertel.
De Nysschen het haar dank uitgespreek teenoor die ouers wat gehelp het om die opgewonde groep kleuters besig te hou en die eet-en drinkgoed geskenk het.
Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com






