Xander Rossouw: My beer sou my gesmeek het om hom nie alleen te los nie.
POLOKWANE – Teddiebere is een of ander tyd deel van ons almal se lewens. As baba, wanneer daar na speelgoed gesoek word of as kleuter, om die donker minder vreesaanjaend te maak. Sommige van ons deel ook graag ons planne met ons teddiebere. Ons vertel hulle van ons teleurstellings en diepste geheime met die wete dat, aangesien hulle nie kan praat nie, ons geheime veilig sal wees. Maar wat ás hulle sou kon praat? Review het aan ‘n paar Laerskool Pietersburg-Oos leerders gevra wat hulle bere vir hulle sou sê, indien dié kon praat.
Louise Strydom: Hy sal met groot oë fluister dat hy al my geheime ken.
John Beuken: Ek is seker my beer sou vir my sê ek moet ophou aan hom druk.
Danica Nel: Ek dink my beer sou vir my vra om bietjie meer met hom te speel.
Jané de Beer: My een beer, Tigger, sal vir my sê hy is lief vir my, maar my ander een sal vir my sê hy hou nie van my nie.
Chignet Davel: My beer sal iets sê soos: Ek’t gehoor wat jy nou net gesê het.