NewsSchools

Pieties-atlete spog met medaljes tydens SA kampioenskappe in Ooskaap

Hoërskool Pietersburg (PHS) se naelloper, Michelle Claassens spog met ‘n silwer­medalje wat sy verlede week as deel van die o.17-medley aflosspan tydens die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe in Port Elizabeth verwerf het. Tydens ‘n medley hardloop atlete 100 m, 200 m,
300 m en 400 m aflos en Michelle het die provinsie in die 400 m-been van die aflos verteenwoordig.
Foto: Verskaf
Marcelle de Jager, Hoërskool Pietersburg (PHS) se hoofmeisie het verlede week met ‘n afstand van 5,74 m in verspring ‘n silwermedalje in die o.19-afdeling van die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekbyeenkoms in Port Elizabeth verwerf.
Foto: Verskaf
Chinique Brown van Hoërskool Pietersburg (PHS) verwerf twee medaljes tydens die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe wat gedurende die afgelope naweek in Port Elizabeth gehou is. Sy verwerf silwer in die 400 m en brons in die 100 m. Sy het die bronsmedalje net-net in die 200 m misgeloop.
Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button