NewsSchools

Pieties-lesers beloon vir vordering

Leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) wat goeie vordering in hul leesspoed gehandhaaf het, is onlangs deur ‘n plaaslike leessentrum erkenning gegee. Graad 9-leerders, Tiaan Minnaar, het van 261 woorde per minuut verbeter na 342 woorde terwyl Heidi van Aarde van 210 na 257 woorde verbeter het. Sy is ook as beste leser in graad 9 …

Leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) wat goeie vordering in hul leesspoed gehandhaaf het, is onlangs deur ‘n plaaslike leessentrum erkenning gegee.
Graad 9-leerders, Tiaan Minnaar, het van 261 woorde per minuut verbeter na 342 woorde terwyl Heidi van Aarde van 210 na 257 woorde verbeter het.
Sy is ook as beste leser in graad 9 aange­wys.
Magdel Oosthuizen toon die beste vordering met 174 woorde na 185 woorde per minuut in graad 8 terwyl Izelna Venter die beste leser in graad 8 is met ‘n verbetering van 201 na 217 woorde per minuut.

 

Storie en fotos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button